25 jaar vir moord op jeugdige

'Daad van wraak'

21 April 2017 | Howe
Jacqueline Louw – “Die beskuldigde is skuldig bevind aan ernstige misdade wat ’n swaar straf regverdig,” het regter Nate Ndauendapo gister in Windhoek se hoërhof gesê voordat hy ’n vonnis van 25 jaar gevangenisstraf aan die voormalige polisieman Justin Simataa (31) vir die moord op Fabrice Mael (25) opgelê het.

“Die oorledene was in die fleur van sy lewe toe hy brutaal deur die beskuldigde met ’n swaarkaliber-vuurwapen vermoor is terwyl hy in sy motor gesit het,” het regter Ndauendapo gedurende sy vonnisoplegging gesê. “Sy lewe is tragies kortgeknip deur ’n polisiebeampte. Dit was ’n daad van wraak,” het Ndauendapo gesê.

Ndauendapo het bygevoeg dat Simataa die hele magasyn van sy vuurwapen leeggeskiet het op die motor waarin Mael, sy vriend Millikan Likando en nog drie passasiers was.

“Hy het slegs ophou skiet omdat hy nie meer koeëls gehad het nie,” het Ndauendapo gesê. Die regter het ook genoem dat Simataa ná die skietery na sy huis gegaan het om sy vuurwapen te herlaai en dat hy geen berou oor sy dade gedurende die verhoor getoon het nie.

“’n Jong man in die fleur van sy lewe is vermoor. Likando het steeds ’n koeël in sy long wat medici nie kan uithaal nie weens die gevaar wat dit inhou. Die verantwoordelikheid vir Mael se kind is op haar ouma geplaas,” het die regter gesê.

Norah Bennett (68), Mael se stiefma, sien nou na die driejarige dogtertjie om wat ná sy dood gebore is.

Ter versagting van Simataa se vonnis het Ndauendapo genoem dat Simataa so erg aangerand is ná die onderonsie wat hy met Mael en sy vriende in die kroeg gehad het, dat hy sy bewussyn verloor het.

“Uittarting word as ’n versagtende faktor in vonnisoplegging beskou,” het die regter gesê. Hy het ook genoem dat die hof bewus is daarvan dat mense daagliks situasies ervaar waarin hulle kwaad word, maar dat hulle moet leer om hulself te beheer.

Simataa het tereggestaan op klagte van moord, poging tot moord, kwaadwillige beskadiging van eiendom en die afvuur van ’n wapen in ’n openbare area.

Hy is op 30 Maart skuldig bevind op al vier klagte wat spruit uit ’n skietvoorval wat in Oktober 2012 buite Club Image in Khomasdal plaasgevind het toe hy ’n reeks koeëls met sy CZ-kaliber pistool op die voertuig afgevuur het waarin Mael en sy vriende was.

Die beskuldigde is 30 jaar gevangenisstraf opgelê vir moord, waarvan vyf jaar vir ’n periode van vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie gedurende daardie tyd aan ’n soortgelyke misdaad skuldig bevind word nie. ’n Verdere 15 jaar gevangenisstraf is opgelê vir die klag van poging tot moord, twee jaar vir kwaadwillige beskadiging van eiendom en een jaar vir die afvuur van ’n wapen in ’n openbare area. Die gevangenisstraf vir laasgenoemde drie klagte sal saam met die vonnis vir moord uitgedien word, wat dus op 25 jaar gevangenisstraf neerkom.

Ndauendapo het verder beveel dat Simataa se CZ-kaliber pistool verbeurd verklaar moet word aan die staat en dat hy vir 20 jaar ná die uitdien van sy vonnis verbied word om ’n vuurwapen te besit.

Mnr. Mbanga Siyomunji het namens Simataa opgetree en me. Constance Moyo het die staat verteenwoordig.

Soortgelyk

 

Namibië se sukses intiem verbind met dié van...

2 ure gelede | Regering

Die staatshoof, pres. Hage Geingob, het vanoggend in sy Afrikadag-boodskap aan Namibiërs hulde gebring aan die rol wat die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE), voorloper van...

Aardbewing skud Kamanjab wéér

2 ure gelede | Omgewing

Kamanjab is gister (Donderdag) vir die soveelste keer die afgelope maande deur ‘n ligte aardbewing geskud.Donderdagoggend se aardbewing wat 4,6 op die Richterskaal geregistreer het,...

Hepatitis E-uitbreking in Omusatistreek

1 dag gelede | Gesondheid

Sedert gister het die Omusatistreek 45 gevalle van Hepatitis E aangeteken, waarvan 10 deur laboratoriumtoetse bevestig is. Die meerderheid van dié gevalle is uit die...

Plaasvoorman skiet glo werker dood

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n 65-jarige plaasvoorman verskyn na verwagting vanoggend (Donderdag) in die landdroshof op Mariental op 'n klag van moord.Dít kom nadat hy glo...

RCC: Kontrak met Chinese ongeldig

1 dag gelede | Plaaslik

“Dit is aangegaan sonder die insette of goedkeuring van my as lynminister.” Mnr. John Mutorwa; Minister van Werke en Vervoer

’n Huis vir Helena

1 dag gelede | Gebeure

Maria Eiseb - ’n Skoonmaker en ma van vyf was sprakeloos toe ’n huis in die Greenwell Matongo-woonbuurt in Katutura aan haar oorhandig is.Me....

STEM EN WEN

1 dag gelede | Gebeure

Tot 1 Junie het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys.Kies uit:EenhanaOkahaoOniipaOranjemundDie vier finaliste sal hul dorpe...

Kalender 25 Mei

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Omba-galery, in samewerking met die John Muafangejo Art Centre (JMAC) bied ’n uitstalling deur voormalige studente en jong kunstenaars aan....

'Moenie NSFAF-geld terugbetaal'

1 dag gelede | Plaaslik

Denver Kisting'n Studente-organi­sasie het gister te velde getrek teen die voorstel dat beurse van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) in lenings omskep word.Daarnaas...