Peuter verdrink in emmer
'n Eenjarige seuntjie het Vrydag in die Omusatistreek verdrink, nadat hy in 'n emmer tombo (omagongo) geval het. Volgens die polisie het die voorval omstreeks 13:00 gebeur toe die seuntjie in die 20 liter-emmer geval het wat in 'n kamer gebou uit riete gestaan het. Die seuntjie se ma was tydens die voorval buite.
In 'n onverwante voorval is die eenjarige Hintapukile Kasengo Vrydag op die plaas Uranos in die Outjodistrik dood, nadat hy pap geëet het. Volgens die polisie se misdaadverslag het Hintapukile en sy ouers die vorige aand pap met suurmelk geëet en het hy in die vroeë oggendure oor maagpyn gekla, terwyl hy ook braking en diarree gehad het. 'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie