Waar is Diesel?
Diesel, ‘n miniatuur dobermann-pinscher wat verlede Donderdag saam met sy baas me. Elmarie Kotzé in ’n ongeluk was, word nog steeds vermis.
Kotzé, wat die hokmeester van die Otjiwarongo Dierebeskermingsvereniging (DBV) was en me. McKenzi Kauiiue, ook van die DBV, was op pad om ’n ondersoek buite Omaruru te gaan doen. Die ongeluk het vyf kilometer buite Omaruru op die grondpad na Uis plaasgevind. Kotzé het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Sy is op die toneel dood en Kauiiue is na die staatshospitaal in Omaruru geneem. Sy is Vrydag ontslaan.
Kotzé se hond Diesel, of Mannetjie, was ook in die voertuig en het weggehardloop. Diesel was haar trots en haar lewe.
“Hy het orals gegaan waar sy gegaan het. Hy het die bynaam ‘In die arms’ gekry omdat dit die plek was waar hy altyd was – in haar arms. Hulle was onafskeidbaar,” het LeShané de Jager van die DBV-komitee gister gesê.
“Elmarie was die rots van die Otjiwarongo DBV en sy het haar lewe gewy om diere in en om Otjiwarongo te help. Sy het ‘n passie gehad om met diere te werk en was lief daarvoor om hulle te help en die publiek op te voed oor hoe om behoorlik vir diere te sorg. Sy het soveel lewens aangeraak en die nasie het ‘n legende in die dieresorggemeenskap verloor."
“Asseblief bring vir Diesel terug, dit is al wat ek van my ma oor het,” pleit haar seun, Heino Kotzé.
As iemand dalk vir Diesel opgetel het of weet waar hy hom bevind, kontak asseblief enige van die volgende nommers: (Heino) Kotzé by 081 454 9002, De Jager by 081 142 9012 of Corischna Groblerby 081 626 0311. ’n Beloning word aangebied vir wie ook al hom veilig terugbesorg. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie