Al die inwoners van die Eastern Court-ouetehuis wat tot die nuwe hek bygedra het. Agter is oom Tommie Bezuidenhout en heel regs is Elizabeth du Plessis. Foto Tanja Bause
Al die inwoners van die Eastern Court-ouetehuis wat tot die nuwe hek bygedra het. Agter is oom Tommie Bezuidenhout en heel regs is Elizabeth du Plessis. Foto Tanja Bause

Bejaardes doen dit self

Tanja Bause
Inwoners van die Eastern Court-ouetehuis in Windhoek het besluit om self ’n nuwe hek op te sit.

Volgens die opsigter, me. Elizabeth du Plessis, was die ou draadhek wat toegang tot die perseel bied baie oud en verniel en nie meer veilig nie.

“Die hek het op die grond geskuur en was moeilik om oop en toe te maak. Dit het ook nie baie mooi gelyk nie. Ek het die betrokke staatsinstelling verantwoordelik vir opknapping en herstelwerk gekontak, maar dit was te vergeefs. Ek het toe besluit om die inwoners self om hulp te vra en 12 van hulle het onmiddellik ingestem en finansieel bygedra.”

Oom Tommie Bezuidenhout (90) wat altyd kleinerige herstelwerk by Eastern Court doen, is genader en hy het sommer besluit om die hek te skenk.

Die nuwe hek is ’n ysterhek wat maklik oop en toe geskuif kan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!