Is hierdie 'n oerfossiel?

JAN BEHR SKRYF:

Ek is van nature 'n avonturier en ontdekker en tydens een van my staptogte langs die Kunenerivier het ek hierdie interessante merke op rotse gewaar.

By nadere ondersoek, het ek opgemerk dit verskyn net binne 'n sirkel met 'n radius van sowat 10 meter. Ek het die gebied deursoek en kon nie nog enige van hierdie merke op ander rotse vind nie.

Ek het al hierdie foto's gestuur aan verskeie internasionale paleontoë. Eh dieselfde antwoord teruggekry: onbekend.

Ek het die foto's ook gestuur na die fossielmuseum in Langebaan, Suid-Afrika, maar wag steeds op hulle antwoord.

Die foto's is ook gestuur aan 'n mariene bioloog met uitgebreide kennis van die Kunene se mariene lewe. Selfde antwoord: Geen idee wat dit kon veroorsaak nie.

Ek dink nie dit is 'n slak nie, omdat sommige spore in die middel begin en eindig. Die slymspoor van 'n slak sou naby die grond begin en geëindig het.

In my mening moes dit 'n soort algetende vis gewees het wat duisende jare gelede geleef het. Dit bly egter 'n ope geheim hoekom dit net in die een kol te vinde is.

Die Kunenestreek is 'n skatkis van onbekende dinge wat wag om ontdek te word.

Dalk is daar belangstellende paleontoloë wat verdere navorsing kan doen of hul menings hieroor kan lug.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!