11 September 2018 | Menings

WhatsApp

Ek wil net sterkte toewens vir Avihe se familie. Kan die polisie nie by skole omgaan om met die kinders te praat oor gevare nie, soos 'n veldtog om kinders te leer wat om te doen as hul iets sien wat nie reg lyk nie. Ek is self 'n mamma en sê vir my seun hy moet nie praat met ooms en tannies wat hy nie ken nie, ens. Ek as mamma sal gerus wees as daar polisie is wat met ons “kids” gesels.



Rehoboth-kliniek en –hospitaal: geen medikasie vir bloeddrukpasiënte. Pasiënte word versoek om by apteke te koop. Hoe nou?



Okahandja Nau-Aib Masters FC, julle het dit verdien om in die finale te speel in Outjo. Julle speel aanskoulike sokker, man tot man aangee en ja, soms raak julle bietjie moeg. Vir manne met ouderdomme 40 tot oor die 50 jaar kan dit gebeur. Hou julle name hoog in Swakopmund. – Mnr. Mienie



Geluk Brave Boys!!! Dit was Zambië 3 en Namibië 1 as onse trots, Virgil Vries, nie weereens bewys het hy kan die werk doen nie. Ons is baie trots op jou. – Trotse Namibiër van Bethanie