13 September 2018 | Menings

WhatsApp

Namibië is vreeslik "korap". Daar lê my niggie ses voet ses. Die moordenaar is daar, maar niks word aan die saak gedoen nie. Vrouens, kinders word vandag doodgemaak net so for free, ma’ hulle kan niks doen nie. Nou bied hule N$100 000 aan om ‘n moordenaar te vang, maar daar loop die man ope arms in Rehoboth rond en daar het niks gbeur nie. Namibiese polisie is hopeloos. Gee die moordenaar oor in God se Hande.

Op Rehoboth lewe sommige mense van die Blok E ouetehuis met hulle hele kinders. Dis hoekom daai oumense so swaar kry. Hulle kos hou ook nie lank nie, daar kom net nie verbetering nie. Help daai ou mense, asseblief.

Ek was Saterdag by Dawid Bezduinhoudt hoërskool vir ‘n debutantebal. Groot was my teleursteling oor die eens spog skool – vuil, afgebreek. Genade. . . Wat gaan in ons staatskole aan? Dankie Vader ek het nie nodig om in die gemors skoolstelsel skool te gaan nie. Net jammer my kind en kleinkind moet dit beleef. – RDK