12 July 2019 | Gebeure

WEN ‘N RUGBYREIS VAN N$100 000

Vir die volgende 50 dae kan lesers op 365 verskillende maniere in aanmerking kom om ‘n reis ter waarde van N$100 000 na die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan te wen.

Op die spel is dubbelkaartjies vir die wedstryde tussen die All Blacks en Suid-Afrika, Italië teen Namibië en Suid-Afrika en Namibië, asook vliegkaartjies en verblyf.

Die kompetisie is deel van die 50ste herdenking van skolerugby in Namibië, geborg deur Momentum.

SKRYF SÓ IN:

1 Word ‘n intekenaar. Elke dag se uitgawe tel as ‘n inskrywing.

2 Kyk elke dag op Market Watch se voorblad hoe om per SMS deel te neem.

3 Lees op die sportblaaie die 50 jaar-herdenkingsberig oor skolerugby en skandeer die QR-kode om deel te neem. Artikels verskyn op Sondae ook in Windhoek Express en Erongo.

4 Skryf op sosiale media in.

5 Besoek rugby.my.na.

6 Antwoord die daaglikse vraag in Kletskompas.

7 Volg regstreekste skolerugby-uitsendings op My Zone se Facebook-blad.

8 Woon skolerugby se kwarteindrondtes, semi-finale en finale by.

Een inskrywing per dag per selfoon

* As jy wen en jy kan nie die skouspel in Japan bywoon nie, kan jy jou prys opveil. Die reserweprys vir bieërs sal N$20 000 wees.