12 July 2019 | Howe

Voormalige landdros skuldig aan bedrog

‘n Voormalige landdros op Oshakati is gister in die hoërhof in Windhoek op verskeie klagte van bedrog en korrupsie skuldig bevind. Regter Gervasius Nate Ndauendapo het bevind die getuienis teen Melanie Theron is “oorweldigend”.

Theron is op 15 Augustus 2011 op klagte van bedrog, korrupsie, omkopery en afpersing in hegtenis geneem nadat sy omkoopgeld op korrupte wyse aanvaar het en ingestem het om verkeerskaartjies af te skryf.

Theron het N$6 600 van verskeie mense ontvang wat van verkeersoortredings aangekla is. Sy het haarself verdedig en het onskuldig op al die klagte teen haar gepleit. Senior staatsadvokaat Simba Nduna het aangekla.