11 September 2018 | Internasionaal

Veels geluk, liewe Qui Bang!

Wat is ’n verjaardag sonder ’n verjaardagkoek! Qui Bang, ’n reusepanda in die Shenzhen-safaripark in China, is op haar 15de verjaardag die afgelope Saterdag getrakteer. Sy was ’n treffer by talle fotograwe wat haar verjaardag meegemaak het. Sy het ook heerlik gesmul aan haar verjaardagkoek. Daar was lemoen, appels, tamaties, wortels en waatlemoen in. Foto Netwerk24/Getty Images