01 August 2018 | Onderwys

Unam: Vise-kanselier deel visie vir 2030

Die Universiteit van Namibië se nuwe vise-kanselier, prof. Kenneth Matengu, het in sy intree-toespraak vanoggend gesê verskeie besluite sal in die komende maande gemaak word om leerplanne te hersien. Dié hersiennings vorm deel van sy visie dat die universiteit teen 2030 ’n volhoubare, internasionale kern vir hoër opleiding, navorsing en vernuwing sal wees.
“Ons leerplan moet hersien word in reaksie tot maniere wat die beste by ons visie asook toekomstige ontwikkelingsdoelwitte van die land pas,” het hy gesê.