01 August 2018 | Maatskaplik

#TOTALSHUTDOWNnam - Namibiërs stap saam teen geslagsgeweld

Namibiërs stap vandag in solidariteit met Suid-Afrika, Lesotho en Botswana as deel van die #TOTALSHUTDOWNnam-beweging en in protes teen geslagsgeweld vanaf die Katutura-staatshospitaal na die landdroshof in Katutura. Die staptog het om 10:00 afgeskop en gee ook erkenning aan die sowat 150 slagoffers wat vanjaar reeds hul lewens as gevolg van geslagsgeweld verloor het. 'n Versoekskrif sal ook aan die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn oorhandig word om die gebrek aan infrastruktuur en hulpbronne by die polisie se beskermingseenheid vir vroue en kinders aan te spreek. 'n Versoekskrif sal voorts om 12:30 aan die ministerie van justisie by die landdroshof in Katutura oorhandig word vir die skep van 'n nasionale register vir seksoortreders.