30 August 2018 | Vervoer

Taxi’s, busvervoer 20% duurder

Die voorsitter van die padvervoerraad, mnr. Percy McNally, het vanmiddag aangekondig dat bus- en taxitariewe op 1 September met 20% sal styg.
Die swak ekonomie is in aanmerking geneem, maar daarmee saam ook die feit dat tariewe in 2014 laas aangepas is en brandstofpryse intussen skerp gestyg het, sê McNally.