09 August 2018 | Gesondheid

Swangerskapverwante komplikasies eis lewens van jong meisies

Swangerskap- en kraamverwante komplikasies is die nommer een oorsaak in ontwikkelende lande van sterftes onder jong meisies tussen die ouderdomme van 15 tot 19 jaar.
Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, is die gebruik van voorbehoedmiddels in dié ouderdomsgroepe relatief laag (24%), terwyl tienerswangerskappe op 19% staan. Volgens haar mislei die internet en rolprente jong kinders en moet ouers “kulturele norme” verbreek en met hul kinders oor seks praat. - Nampa