03 September 2018 | Omgewing

Suide: Koue, reën kom dalk Donderdag

Die Namibiese weerkantoor sê die suide van die land kan reënerige en koue weer teen Donderdag verwag, met maksimum temperature wat glo nie 15 grade Celsius (°C) sal oorskrei nie.

Terselfdertyd sal koeler weer dan ook in sentrale dele van die land voorkom, met maksimum temperature wat na verwagting nie 21 °C sal verbysteek nie.

Die vlaag van koue vir die suide kom nadat die sesde anti-sikloon vir die winterseisoen naby die suidwestelike kus van Afrika aangekom het, wat voorts na verwagting ‘n sterk kouefront oor die vasteland sal stoot vanaf sy posisie oor die Atlantiese oseaan.

Weather Today (Southern Africa) voorspel dat die volle krag van die kouefront teen Donderdag in veral die sentrale Kaap en die suidelike Drakensberg-dele gevoel kan word, waar maksimum temperature na verwagting nie 4 °C sal oorskrei nie