09 August 2018 | Gesondheid

'Spiderman' draf vir orgaanskenkings

Eric Nefdt (32), ’n eiendomsagent van Pretoria, gaan die 1 498 km van sy tuisdorp na Lüdertiz met drafskoene en in ’n Spiderman-pakkie aandurf vir die bewusmaking van orgaanskenking. Netwerk24 berig Eric hardloop sedert 2016 in sy Spiderman-pakkie nadat sy seun einde 2015 met ’n hart-defek gebore is. Hy het Saterdag in Pretoria-Oos weggetrek en beplan om daagliks omtrent ’n marathon se afstand te hardloop.
Hy pak die roete aan saam met Normie Eckard, ’n avontuurlustige in ’n rolstoel, wat daagliks 5 km saam met hom aflê sodat hy teen die einde 100 km in sy rolstoel afgelê het. Nefdt se vrou, Elanza, sal hom inwag wanneer hy uiteindelik in Lüderitz aankom. - Netwerk24