08 March 2018 | Onderwys

Sperdatum vir aansoeke vir studiepermitte uitgestel

Buitelandse studente het nog net tot môre (9 Maart) om hul aansoeke vir studiepermitte in te dien. Dit volg nadat die ministerie van binnelandse sake en immigrasie ekstra grasie aan studente verleen het deur die aansoektydperk wat reeds op 28 Februarie verstryk het, met nog twee weke te verleng. Fooie vir primêre en sekondêre studente is N$1 170 en vir tersiêre studente N$1 475.