17 August 2018 | Energie

Sonkragaanleg langs Chobe

Die Olthaver & List-groep belê al vir ’n geruime tyd in hernubare energiebronne.

Dít deur hul maatskappye O&L Energy en O&L Leisure.

In Desember 2017 het dié groep ’n sonkragaanleg by Midgard Country Estate laat installeer, en in Maart vanjaar by Mokuti Etosha Lodge.

Die mees onlangse projek is die ontwikkeling, finansiering en installering van die grootste fotovoltaïese en bergingstelsel, in samewerking met Cronimet Mining Power Solutions Namibia en OLC Solar Energy Namibia.

Die innoverende sonkrag- en batterybergingstelsel sal die Chobe Water Villas in die Noorde, langs die Zambezirivier, se energiekoste aansienlik verminder en verseker dat die lodge selfonderhoudend is.

Die lodge word deur O&L Leisure Hotels & Lodges besit, wat ook deel van die Olthaver & List-groep is.

Met die voltooiing van hierdie innoverende stelsel beklemtoon Cronimet Mining Power Solutions en O&L Leisure hul rol as baanbrekers vir groen tegnologie in Afrika se gasvryheidsbedryf.

Die onlangse sonkragprojekte by Mokuti Etosha Lodge en Midgard Country Estate het die bedryf in ’n nuwe rigting gestuur.