23 August 2018 | Energie

Sonkrag aan by Ejuva

Die twee Ejuva-sonkragaanlegte naby Gobabis, ‘n belegging van N$250 miljoen, is vanoggend amptelik in gebruik geneem.
Twee Namibiese beleggers, OKA Capital en BPI Energy Solutions, besit sowat ‘n derde van die aandele in dié projek.
NamPower het ‘n ooreenkoms om vir 25 jaar krag by die aanlegte te koop.