06 September 2018 | Ministeries

Soldate kry medaljes

Altesaam 105 senior weermagoffisiere het Dinsdag tydens 'n medaljeseremonie medaljes vir 10 en 20 jaar lange diens, asook vir Operasie Mandume, by die Tobias Hanyeko-paradegrond in die hoofstad ontvang. Die Namibiese weermaghoof, lt.genl. John Mutwa, het dit aan die offisiere oorhandig. Volgens die waarnemende hoofwoordvoerder van die Namibiese weermag, lt.kol. Petrus Shilumbu, sal 3 000 soldate intussen medaljes en sertifikate vir uitstaande prestasies en lang diens by hul onderskeie stafhoofde, direkteure en eenheidbevelvoerders landswyd ontvang. Foto verskaf