08 March 2018 | Menings

SMS'e vir 8 Maart 2018

Het onlangs ook iemand in die Walvisbaai-staatshospitaal besoek. Wat 'n skande! Vuil en dit ruik ondraaglik. Word die pasiënte ooit gesond as dit so vuil is?



Die riool in Okahandja se rivier loop vir jare en dis muskiete oral. Kyk tog asseblief. Ons sal siek word. Eto!

Karasburg, Gabis het krag. Ons van Groendoring, Donaib 1 en 2, kan ten minste sonkrag kry. Asseblief, asseblief! Regering help ons.



Great uncle Rehoboth: Jy is seker ook een van die groot Swapo-basters. As jy graag wil weet wat UPM voorstaan, is jy welkom om 'n draai by die kantoor te maak. Wat maak jou Swapo met die land se geld?



Westerse lande duld glad nie rondloperdiere in padreserwes nie! Slap leiers in Afrika laat dit egter toe!



Gochas Village Council! Ons wag antwoord “on going” tender van die krag. ACC en ministerie, kom in, selfverryking is aan die gang.



Bestaan daar reëls in die wêreld wat konings, presidente of ander belangrikes vrystel van moord, korrupsie en verkragting, of moet daar net aanvaar word dat die eerste, positiewe bydrae die tweede gebeurlikhede kanselleer?



Welsynkantoor in Karasburg. Alewig is die mense uit. Is daar nie iemand wat daagliks in die kantoor sit nie? Kry altyd niemand op ­kantoor nie.



Keetmanshoop-munisipaliteit! Kyk asseblief na die belaglike krag- en waterrekeninge wat julle die mense gee. Twee mense kan mos nie N$2 500 se krag gebruik nie.



Dankie, FNB, dat julle 'n Afrikaanse vraag in Afrikaans geantwoord het. (Republikein 27 Feb. 2018)



Ek het 'n bestuurderslisensie en 'n ID van Adolf Kurt Sagner op getel. U kan my bel by 081 396 3479.



Lost pet Barcelona Complex: To the person that killed our beloved wild cat a few weeks ago, know that you will also lose your most dearest person or pet to you soon.