08 August 2018 | Arbeid

Shoprite se werkers seëvier

Me. Uno Katjipuka, die menseregteprokureur wat Shoprite se werkers verteenwoordig het in die eissaak vir meer as N$4,5 miljoen vir die verlies aan inkomste asook die koste van ʼn langdurige dissiplinêre proses weens die stakings in 2015, sê die Suid Afrikaanse handelsreus het ingestem om die dissiplinêre proses te laat vaar.
Die betrokke werkers moet egter finale skriftelike waarskuwings onderteken.
Shoprite het ook verlede week sy hoërhofeis vir skadevergoeding opgeskort. Volgens Katjipuka moet Shoprite vroeg volgende week met ʼn plaaslike vakbond vergader om ʼn erkenningsooreenkoms te onderhandel.