10 September 2018 | Misdaad

Sekuriteitswag vas oor ietermagô en velle

'n Sekuriteitswag (56) is Vrydag omstreeks 11:30 by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja in besit van een lewende ietermagô en twee ietermagôvelle betrap.

Hy sal aangekla word op die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte.

Die polisieondersoek duur voort.