29 August 2018 | Landbou

Sappige Nam-vleis in Britse pubs

Britte wat van uiteet hou, kan binnekort aan sappige Namibiese snitte weglê.
Topgehalte vleis uit Namibië gaan eersdaags in die kuierkroeë, hotels en restaurante van die 220 jaar oue Greene King in die Verenigde Koninkryk (VK) bedien word.
Dit volg nadat Meatco die toets geslaag het en 'n leweransier gaan word wat vleis aan dié kettingreeks met sy duisende eetplekke in Brittanje en Ierland lewer.
Lees môre meer hieroor in Republikein.