22 June 2018 | Infrastruktuur

Só skiet padbouers op Windhoek-Okahandja-pad

Elvira Hattingh - Die Paaieowerheid (RA) het Maandag ‘n kennisgewing vir beplande skietwerk op die pad tussen Okahandja en Windhoek in die komende twee maande uitgereik, waartydens die pad vir tot ‘n uur op ‘n slag gesluit sal wees.

Die eerste skietwerk het Woensdag om 12:00 plaasgevind, en die volgende sal vandag gedoen word (sien infografiek).

Dít is deel van die opgradering van seksie 4A van dié pad. Nampol sal help om die paaie te sluit.

Vir skietwerk wat om 12:00 plaasvind, sal die pad van 11:40 tot 12:30 gesluit wees.

Vir skietwerk wat om 15:00 plaasvind, sal die pad vir ‘n uur toegemaak word.

Die owerheid versoek motoriste om hul reise dienooreenkomstig te beplan en gehoor aan padtekens te gee.