13 September 2018 | Ekonomie

Rand byt vas op R15,08

Elvira Wood – Die rand verhandel steeds teen meer as R15 teenoor die Amerikaanse dollar.

Die geldeenheid het Woensdagoggend vroeg teen R15,08 verhandel.

Dit blyk dit is moontlik eerder die invloed van internasionale markte wat dié verbetering help bewerkstellig het.

Reuters berig die dollar het Woensdag teen verskeie geldeenhede teruggesak nadat Kanada aangedui het dat hy bereid is om sy geskille oor die Noord-Amerikaanse Vryehandelsooreenkoms te besleg.

Die dollar kan egter vinnig weer sy spiere bult aangesien China beplan om die Wêreldhandelsorganisasie te vra om sanksies teen die VSA in te stel.

Dié twee lande is geruime tyd reeds in ’n stryd gewikkel wat kenners waarsku in ’n volskaalse handelsoorlog kan ontaard.

Die rand het teen R19,64 teenoor die Britse pond en R17,50 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

· Goud: $1 193 per fynons

· Platinum: $789 per fynons

· Olie: $79,32 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $6 263,03

· Ethereum: $177,53 – Netwerk24