28 August 2018 | Mense

Prokureur Chris Brandt dood gevind

Die bekende Windhoekse prokureur, mnr. Chris Brandt (foto), is vanoggend (Dinsdag) dood gevind kort voordat 'n dringende aansoek in die hoƫrhof in die hoofstad sou dien om hom tydelik van die rol te skrap.
Die aansoek deur die Prokureursorde van Namibiƫ hou na bewering verband met die onregmatige ontrekking van geld uit sy trutstfondsrekening.
Met die aanvang van die verrigtinge is die hof meegedeel dat hy gesterf het, waarna die saak is van die hofrol verwyder is.
Brandt is volgens 'n bron by sy huis met 'n skietwond gevind. Geen vuilspel word vermoed nie.