08 March 2018 | Ministeries

Probleme met betaling van bejaardes se pensioen

Die woordvoerder van die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn wat verantwoordelik is vir die uitbetaling van maandelikse pensioen aan Namibië se bejaardes, het bevestig dat probleme ondervind word met die uitbetaling daarvan.
mnr. Lot Ndamanomhata wou nie uitbrei oor die aard van die probleme wat ondervind word nie, maar sê sommige van die uitbetalingspunte het nog nie vandeesmaand die geld daarvoor ontvang nie.
Verskeie bejaardes het reeds hul lot by Republikein bekla.
Volgens 'n vrou van Tsumeb wat anoniem wil bly, het sy haar geld in haar FNB Namibia rekening ontvang, maar man, wie se rekening by Standard Bank Namibia is, se pensioengeld is nog nie inbetaal nie.
"Dit lyk nie of die probleem tot sekere banke beperk is nie, want ek weet van iemand anders wat by FNB Namibia bank wie se geld ook nie inbetaal is nie," het sy gesê.