10 September 2018 | Polisie

PDM kry polisie voor stok

Denver Kisting – Die amptelike opposisie het vanoggend uitgevaar teen die beweerde onbevoegdheid van die Namibiese polisie.
Die Popular Democratic Movement (PDM) het by monde van sy tesourier-generaal, mnr. Nico Smit (foto), gesê die dood van Avihe Cheryl Ujaha (9) móés verhoed gewees het.
Smit het tydens ’n nuuskonferensie in die hoofstad gesê dit lyk asof die polisie geen goed opgeleide en bevoegde speurders het nie.
Avihe is die afgelope naweek begrawe – sowat twee weke nadat haar erg verminkte lykie in ’n rivierloop in Windhoek ontdek is.
Niemand is nog weens dié grumoord aangekeer nie.