23 August 2018 | Plaaslik

PAS IN: Curriebeker-wedstryd afgelas

Saterdag se Curriebeker-wedstryd in Windhoek tussen die Windhoek Draught Welwitschias en Down Touch Griffons is enkele oomblikke gelede formeel gekanselleer.
Dit volg na lang onderhandelinge wat veroorsaak het dat die geld vir die besoekers se reis nie meer beskikbaar is nie.
“Ek is uiters, uiters teleurgesteld,” het mnr. Mervin Green, uitvoerende hoof van Namibië Rugby Beperk, pas aan Republikein gesê.
“Ons, die Internasionale Rugbyraad (IRB) en ons hoofborge, Namibië Brouery en First National Bank Namibia, sal sodra dit moontlik is ‘n gesamentlike nuusvrystelling oor die wending uitreik.”