11 July 2018 | Misdaad

Pa wat dogter verkrag borgtog geweier

’n Man van Khorixas wat daarvan aangekla word dat hy die naweek sy 20-jarige dogter na bewering verkrag het, is borgtog in die landdroshof op die dorp geweier. Sy naam word nie bekendgemaak nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm. Die man word van verkragting en huishoudelike geweld aangekla en die saak is tot 16 Augustus uitgestel. Hy het ná die beweerde verkragting op die vlug geslaan en het hom Maandag aan die polisie op Khorixas oorgegee. - Nampa