31 August 2018 | Plaaslik

Oom Angus bring sy boodskap

Die eerste Might Men Nami­bië-byeenkoms vind die naweek plaas.

Die alombekende skrywer, boer en herlewingsevangelis, Angus Buchan, gaan tydens die kon­ferensie sy charismatiese Christelike boodskap deel.

Die konferensie begin vandag op die plaas Vredelus en duur tot Sondag.

Vredelus is 25 km oos van ­Rehoboth op die ­Uhlenhorst-pad en is met kampeer- en ablusiegeriewe toegerus.

Die Mighty Men-­konferensies is reeds met groot sukses in ­Australië, alle provinsies van Suid-Afrika en in die Verenigde Koninkryk aangebied.

'n Groot getal Namibiese mans sal na verwagting die naweek se geleentheid bywoon, ­aangesien duisende van hulle jaarliks na Suid-Afrika reis vir die kon­ferensies.

Vroue en dogters word uit­genooi om Sondag die erediens om 09:00 by te woon.

Kaartjies vir die naweek beloop N$200 en kan deur PayToday of by Mary by 081 628 0986 gekoop word.

Kampeerders moet hul eie tente, beddegoed, kos, water en stoele saambring. Kos- en koeldrankstalletjies is beskikbaar.