08 March 2018 | Sport

Onderskrif vir foto

Tim Paine, die Aussies se paaltjiewagter. Die Proteas is liegbekke as hulle sê die Australiese krieketspan het Quinton de Kock se familie in die eerste toets in Durban sleggesê, vertel Paine. Paine gebruik nie spesifiek die woord “liegbekke” nie, maar stel dit net effens sagter. “Natuurlik was die situasie nie ideaal vir een van die spanne nie en dis jammer wat op die trappe gebeur het, maar dis teleurstellend dat hulle nou kom en ’n paar goed sê wat blatant onwaar is.” Foto Netwerk24