14 June 2018 | Infrastruktuur

Ondangwa-lughawe na Toivo ya Toivo vernoem

Die Ondangwa-lughawe gaan na die ontslape bevrydingstrydheld en oudpolitikus, Herman Andimba Toivo ya Toivo vernoem word. Volgens die skakelbeampte van die ministerie van werke en vervoer, mnr. Julius Ngweda, is dit egter nog onseker wanneer die amptelike naamsverandering sal plaasvind. Ya Toivo is op 9 Junie 2017 in die ouderdom van 92 jaar dood. – Nampa