11 September 2018 | Regering

NV hervat vandag

Denver Kisting – Ná sowat twee maande se reses hervat die Nasionale Vergadering (NV) vanmiddag.

Die NV het by monde van sy woordvoerder, mnr. David Nahongandja, gesê die huis sal na verwagting tydens dié sitting ’n aantal wetsontwerpe onder die loep neem.

Onder meer, sê hy, sal daar waarskynlik gekyk word na die voorgenome gewysigde teenverkragtingwet, die nasionale- simbolewet, die wet op verouderde wette, die elektroniese- transaksieswet, ’n nuwe strafproseswet, ’n aangepaste wet op wapens en ammunisie en ’n aantal finansiële wette.

Tydens die reses het parlementslede kiesafdelings besoek waartydens openbare verhore gehou en regerinsgprojekte ondersoek is, het Nahongandja gesê.