22 June 2018 | Infrastruktuur

Nuwe spoedkameras getoets

Die Namibiese polisie se verkeersbeamptes toets van gister af die werking van nuwe spoedkameras op Namibië se hoofpaaie.

Veral in die Erongo- en Otjozondjupastreek word die nuwe kameras, kenmerkend gemonteer op geel pale, gebruik om ʼn nuwe stelsel te toets wat ook spoed oor afstand sal meet.

Hierdie nuwe kameras kan ook bepaal of bestuurders veiligheidsgordels dra en of hulle op selfone praat.

Volgens inspekteur Rosario Coetzee sal die toetsfase tussen twee en drie maande duur en word geen handhawing van die betrokke wet deur middel van die kameras in die tydperk toegepas nie.