13 August 2018 | Mense

Nuwe huis vir Ananias

Ananias Shikongo, Namibië se Paralimpiese wenner van ‘n goue medalje, het sy huis ter waarde van N$500 000 van Standard Bank Namibia deur hul Buy-a-Brick-inisiatief gekry. Hier is hy saam met sy ouers, Jason Shikongo en Aily Matheus Shikongo, binne in sy nuwe huis.