08 August 2018 | Kuns en vermaak

Nust vier kultuur

Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se 23ste jaarlikse kultuurfees het Maandag afgeskop. Gister het verskeie kultuurgroepe tradisionele danse uitgevoer. Onder meer het Nama-, Damara-, Ovahimba-, Baster-en Oshivambo-kultuurgroepe, en groepe van Angola, Zimbabwe, Suid-Afrika en die Demokratiese Republiek die Kongo, deelgeneem. Die fees sal tot Donderdag duur, wanneer dit met die internasionale kosdag en verskeie musikante sal afsluit. Die fees help studente om meer van mekaar se verskillende kulture te leer en mekaar te respekteer. Verskillende kulture is juis ’n dryfkrag van die universiteit.