25 August 2018 | Ongelukke

Nooddienste het hande vol met ongelukke

Twee mense moes met kake van die lewe uit die verfrommelde wrak van 'n dubbelkajuitbakkie verwyder word wat oor middagtyd vandag (Saterdag) buite Windhoek gerol het.
Volgens inligting is hulle in 'n kritieke toestand.
Die ongelyk het sowat 15 km suid van die hoofstad op die Rehoboth-pad plaasgevind.
Die langnaweek het sleg begin toe twee voertuie gistermiddag buite Okahandja op pad na Karibib trompop gebots het.
In die vroeƫ ure vanoggend het 'n lokomotief op Walvisbaai ontspoor toe dit by 'n oorgang teen 'n vragmotor gebots het.
Niemand is beseer nie.
Nuus is ook pas ontvang van 'n ongeluk by Oshakati. Dit is nie bekend of daar mense dood is nie.