31 July 2018 | Gebeure

Nkurenkuru gasheer vir Heldedag-vieringe

Die amptelike vieringe van Heldedag op 26 Augustus sal vanjaar op Nkurenkuru in die Kavango-Wesstreek geskied. Pres. Hage Geingob sal Namibiƫrs by hierdie feesgeleentheid toespreek.
Heldedag val op 'n Sondag, met Maandag 27 Augustus wat 'n vakansiedag sal wees. Dit is die laaste langnaweek vir die jaar voordat die Desembervakansie aanbreek.
Heldedag herdenk die aanvang van die bevrydingstryd op 26 Augustus 1966 in Namibiƫ.