16 August 2018 | Arbeid

NBC-werknemers betoog weer

Die nasionale uitsaaier, die NBC, se werknemers het oor middatyd vandag deelgeneem aan ʼn protesoptog by die televisiestasie se hoofkantoor in Windhoek.
Hulle het voor die toegangshekke gedans en geskree, gelei deur die Staatsdienswerkersvakbond (Napwu) se verteenwoordigers.
Werknemers is veral ongelukkig omdat hul salarisse nie aangepas is nie terwyl lewenskostes aanhou styg.
Foto: Augetto Graig