06 August 2018 | Regering

Nasionale Raad hervat sy werksaamhede

Die Nasionale Raad het vandag sy sitting hervat, met ses wetsontwerpe wat deur die Nasionale Vergadering vir bespreking en aanvaarding verwys is.
DiƩ wetsontwerpe is die een op saad en saadvariteite, asook die wetsontwerpe op die vyf verskillende gesondheidsrade in Namibiƫ. Dit is die rade vir aptekers, dokters en tandartse, verwante gesondheidsberoepe soos arbeidsterapeute en biokinetici, maatskaplike werkers en sielkundiges, asook vir verpleegsters.