23 August 2018 | Vervoer

Mutorwa oor skorsings, nuwe CEO

Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het vanaand ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê alle geskorste senior bestuurders wie se sake afgehandel is en wat onskuldig bevind is, moet teen “minstens” 28 Augustus vanjaar hul werk hervat.
Dít volg ná ‘n vergadering vroeër vandeesweek tussen Mutorwa, SOE-minister Leon Jooste, die NAC se raad van direkteure en verskeie ander belanghebbendes waartydens eenparig ooreengekom is dat uitgerekte skorsings ‘n “ernstige negatiewe” uitwerking op die NAC se bedrywighede het.
Die NAC se raad van direkteure het onderneem om teen die einde van Oktober vanjaar die werwingsproses vir ‘n nuwe uitvoerende hoof te finaliseer.
Intussen moet die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Lot Haifidi, “onmiddellik hand aan hand” met die adjunkdirekteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA), mnr. Desmond Ross, saamwerk. Ross het aangebied om kundiges in lugvaartsekuriteit te kry.