17 May 2018 | Visserye

Monnikviskwota bekend

Die kabinet het besluit vanjaar se kwota vir die vangs van monnikvis in Namibiese waters is 8 000 metrieke ton.

Dít geld vir die 2018-’19-visvangseisoen.

Die kwota, bekend as die TAC, is vanoggend deur die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Engel Nawatiseb, by die maandelikse bekendmaking van kabinetsbesluite aangekondig.