01 August 2018 | Gesondheid

Meer vroue as mans MIV-positief

Meer as 12% van alle Namibiërs in die ouderdomsgroepe 15 tot 64 jaar is MIV-positief. Dit is ’n afname van die 2013 Demografiese en Gesondheidsopname (DHIS) toe dit 14% vir die ouderdomsgroep 15 – 49 jaar en 16,4% vir die ouderdomme 50 tot 64 jaar was.
Volgens die Namibiese Bevolkingsgebaseerde MIV-impakstudie (Namphia) was die voorkoms van die siekte onder vroue ook beduidend hoër teenoor dié van mans en onderskeidelik 15,7% teenoor 9,3%. Die statistieke is vanmiddag amptelik deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, vrygestel.