30 August 2018 | Gebeure

Meer as 120 Land Rovers op Uis

Deelnemers van oral

Erwin Leuschner – Bestuurders, eienaars en liefhebbers van Land Rovers het die afgelope naweek op Uis feesgevier.

Dit was die Land Rover Owners Namibia (LRON) se tweede fees van dié aard.

Meer as 120 Land Rover-bestuurders het aan die byeenkoms deelgeneem, hoewel heelwat meer Land Rovers by die fees te sien was, omdat talle deelnemers twee voertuie saamgebring het.

Deelnemers het uit alle hoeke van die land na Uis gereis.

Selfs Suid-Afrikaanse Land Rover-eienaars het die langpad aangepak om die fees nie mis te loop nie.

Vanjaar se fees was besonders omdat die Britse voertuigmark sy 70ste bestaansjaar gevier het.

Volgens me. Gundula Perry, feesorganiseerder, sal die opbrengs van vanjaar se fees aan DeLHRA (Desert Lion Human Relations Aid) en Ehra (Elephant Human Relations Aid) geskenk word.