03 September 2018 | Misdaad

Ma aangekla van kinderverwaarlosing

Die polisie op Oranjemund het ‘n saak van kinderwaarlosing teen die 23-jarige ma van ‘n nege maande oue baba geopen. Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die //Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het die ma die baba Saterdag omstreeks 12:30 alleen in ‘n kamer toegesluit.
Bure het die polisie laat kom nadat hulle die baba binne hoor huil het.
Ná ‘n uitgerekte en onsuksesvolle soektog na die ma is die baba na die staatskliniek op Rosh Pinah geneem. Die ma is later gevind en in hegtenis geneem. - Nampa