05 September 2018 | Vervoer

Lutombi lei RA vir tweede termyn

Mnr. Conrad Lutombi is vir 'n tweede termyn van vyf jaar as hoof uitvoerende amptenaar van die Paaieowerheid (RA) aangestel.
DiƩ aankondiging is pas deur hierdie staatsonderneming se raad gemaak.
Volgens mnr. Brian Katjaerua, die voorsitter, is Lutombi 'n korporatiewe leier met goeie akademiese kwalifikasies en geloofsbriewe.
Sy tweede termyn tree op 1 Oktober in werking.