16 August 2018 | Regering

Laat hoor jou stem by SADC se menseberaad

Almal kan bydra tot die SADC-menseberaad wat by die Windhoek-skougronde plaasvind.
Toegang is gratis en die gees is aansteeklik waar honderde menseregte-aktiviste van regoor die streek in groepe beraadslag oor verskeie voetsoolvlak-kwessies.
Demokrasie, bestuur en menseregte, jeugbemagtiging en betrokkenheid, ekonomiese regverdigheid in terme van handel, skuld en belasting, gendersake en bemagtiging, klimaatverandering, die omgewing en die bestuur van natuurlike hulpbronne is van die onderwerpe wat bespreek word.
Mnr. Herbert Jauch (foto), visevoorsitter van dié beraad, sê pres. Hage Geingob het reeds met hulle vergaderen wag die uitkoms van die beraad.
Geingob word ook voorsitter van SADC by die staatshoofde se 38ste vergadering môre by die Safari Hotel.