03 September 2018 | Kuns en vermaak

Kunstefees reik na die sterre

Die afgelope naweek het hordes Namibiërs van heinde en verre na Omaruru gereis om die immer gewilde Omaruru Kunstefees by te woon. Hoogtepunte van vanjaar se fees was onder meer die Suid-Afrikaanse sangsensasie Corlea Botha en die Amerikaanse Joseph Clarke met sy Queen-konsert, wat beide onder die maanlig en sterre by die Omarururivier opgetree het. Deel van die fees was verskeie uitstallings deur plaaslike kunstenaars, ’n plaasmark en ‘n wyntoer van Namibiese wyne. Foto’s Lloyd Zandberg